Jacob Zuma weer in Hooggeregshof

Die kantoor van die hoofregter het bevestig dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, weer in die hof sal verskyn in Pietermaritzburg.

Zuma sal glo Vrydag moet verskyn in ’n hofsaak wat nou vier dae gouer sal wees as wat aanvanklik geskeduleer is.

Die saak wat aanvanklik op 15 Oktober sou begin, is vervroeg te midde van sy aanvanklike versoek dat die saak geheel en al geskrap word van die rol wat handel oor die wapen transaksie waarby hy na bewering betrokke was.

Die hofsaak vind nou eers plaas nadat Zuma vir etlike jare daarin geslaag het om die hofsaal te ontduik, maar na 14 jaar het die oomblik van waarheid vir hom aangebreek oor die beweerde korrupsie waarby ’n R38 miljard transaksie betrokke is.

Dit is van die mes ernstige hofsake wat die afgelope tyd gehou word, en vermoedens bestaan dat skuldigbevinding kan lei tot ’n lang tyd agter tralies vir die eertydse ANC leier.