Jacob systap die gereg

Jacob Zuma en sy regsverteenwoordigers het waarskynlik besluit dat hulle steeds soos in die afgelope jare, weer suksesvolle pogings aanwend om uit die hofsaal te bly, en daarmee die tralies vermy.

Die afgelope week sou Zuma se verhoor in die Natalse Hooggeregshof begin het, maar die voetwerk is gedoen, en kondig die voormalige ANC president aan dat hy gaan appelleer teen die beslissing dat hy verhoor moet word oor die wapenskandaal van jare gelede.

Dit het veroorsaak dat hy weer soos in die verlede, glimlaggend die hofsaal kon verlaat om sy ondersteuners te gaan toespreek.

Hy het weer bevestig dat hy nie ’n regsvorderinge verhoor sal ontvang nie aangesien daar mense is wat hom agter tralies wil sien.