Irannese minister verbied in VSA


Mohammad Javad Zarif

Kort nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, sanksies ingestel het teen die politieke hoë lui van Iran, het dié land se Minister van Buitelandse Sake verlof gevra om die VSA te besoek.

Die Minister, Mohammad Javad Zarif, het aangevoer dat hy een van Iran se top diplomate in die verenigde Nasies wil besoek wat tans mediese behandeling ondergaan in ’n hospitaal van New York.

Die Verenigde State se Departement van Buitelandse Sake het gesê Zarif se versoek sal toegestaan word sodra een van sewe Amerikaanse burgers wat in Iran in aanhouding is, vrygelaat word.

In Julie vanjaar het die VSA reeds ’n reis verbod na die land ingestel op die Irannese minister van Buitelandse Sake sowel as op die land se top diplomate en hulle gesinne.