Iran wil moderne wapens ontwikkel

Die Irannese leier, Ayatollah Ali Khamenei, het die land se sogenaamde Revolusionêre Weermag opdrag gegee om meer moderne wapentuig te ontwerp en te bou te midde van groeiende spanning teenoor die VSA en ander Arabiese lande.

Ayatollah Ali Khamenei het daarop aangedring dat meer gevorderde tegnologie ingespan moet word om gesofistikeerde wapentuig te ontwikkel.

Die spanning tussen die lande van die Midde-Ooste het ontstaan toe twee olietenkskepe wat onder Westerse landsvlae gevaar het, deur missiel aanvalle beskadig is en Iran daarvan beskuldig is.

Die afgelope week is ’n Irannese olietenkskip ook deur twee missiele getref, en Saoedi-Arabië het dadelik gereageer dat hy nie betrokke is by die aanval nie.

Intussen word pogings aangewend om die VSA en Iran te oorreed om dialoog te voer ten einde die Iranse regering te oortuig om ’n nuwe kernverdrag te onderteken, maar die eerste pogings het misluk om sulke gesprekke te hou.