Iran sluit grens met Irak

Die grens deurgang tussen Iran en Irak wat deurgaans in gebruik is deur honderde duisende Moslems wat jaarliks die roete gebruik, is nou deur Iran gesluit.

Die regering van Iran het die besluit geneem na aanleiding van die aanhoudende geweld wat in Iran ondervind word en wat nie deur die land se veiligheidsmagte in bedwang gehou word nie.

Iran se staats televisie het bekend gemaak dat die grenspos gesluit word maar dat ander roetes steeds deurgang bied waar geen onluste is nie.

Ongekende hoë spanning heers tans in die Midde-Ooste, en lande soos die Emirate, Saoedi Arabië se stryd teen Iran het reeds verskeie kere gehuiwer op die grens van ’n volskaalse oorlog.

Met die grens gesluit tussen Iran en Irak is die spanning ook aan die toeneem tussen die twee lande, en die onrus in Irak veroorsaak daar ook meer politieke spanning wat waarskynlik nie gou tot bedaring sal kom nie.

Die regering van Iran sê sowat 3 miljoen pelgrims word verwag om deur te beweeg na Kerbala vir ’n 40 dae viering.