Iran olietenkskip oorleef missiel aangeval

’n Hewige ontploffing wat deur ’n tweede opgevolg is, het op ’n olietenkskip van Iran plaasgevind in die nabyheid van Saoedi-Arabië, wat die vermoede laat ontstaan het dat dit ’n aanval op die tenkskip was.

Volgens mediaberigte was dit twee missiele wat die skip getref het, maar die regering van Iran sê geen ongevalle is aangemeld van die bemanning nie.

Die skeepseienaars het later bevestig dat twee missiele die hewige ontploffings veroorsaak het, maar die skade aan die skip is van sodanige aard dat dit kon voortgaan tot ’n nabygeleë hawe.

In ’n amptelike verklaring wat uitgereik is deur die  Nasionale Irannese Tenkskip Maatskappy word gesê dat dit klaarblyklik twee missiele is wat die romp van die skip getref het.

Die skip wat geïdentifiseer is as die Sabity, was ongeveer 100 kilometer van die kus van Saoedi-Arabië toe die ontploffings plaasgevind het..