Iran meng in met VSA verkiesing

Die Amerikaanse rekenaar maatskappy Microsoft sê dat kapers wat verbind word aan Iran, die Amerikaanse presidentsverkiesing as teiken het.

Die kapers is glo prominente Irannese kundiges wat volgens media inligting nie in die VSA woonagtig is nie, en regeringsbronne in die VSA beweer dat President Trump se verkiesingsveldtog deel uitmaak van die inmenging.

Die vermoede bestaan dat die regering van Iran agter alles sit met die doel om Trump te vervang met ’n Demokraat as president, wat kan lei tot die opheffing van die VSA se sanksies teen Iran.

Die kapers het glo begin met ’n veldtog teen die Amerikaanse president, en Microsoft sowel as ingeligte bronne in die media sê dit is duidelik dat die inmenging geïnisieer is deur die regering van Iran.