Irak waarsku teen protesoptogte

Adel Abdul Mahdi

Die regering van Irak het die afgelope maande skerp deurgeloop onder die protes optogte, wat later gewelddadig geword het, en groot skade aan infrastruktuur aangerig het.

Die afgelope naweek het die land se Eerste Minister, Adel Abdul Mahdi, gesê die mense is vry om te protesteer want dit is hulle reg om te demonstreer, maar gewaarsku dat geweld nie geduld sal word nie.

Die hoofstad Baghdad was een van die stede wat die ergste deurgeloop het, en die moontlikheid van verdere protes optrede teen die regering word voorsien.

Die premier se poging om met die leiers van die protes aksie te praat, was ’n mislukking weens die optrede van omstanders wat hom herhaaldelik in die rede geval het sodat hy nie sy boodskap kon oordra nie.

Ten midde van die ryk olievelde wat Irak se top leiers in weelde laat leef, is daar honderde mense wat in die uiterste armoede leef, en wat nou in opstand kom teen die regering.

Verlede Vrydag het 40 protesteerders omgekom toe die polisie op hulle losgebars het met lewensige ammunisie.