Irak regering moet bedank

Een van Irak se mees invloedryke meningsvormers het die afgelope naweek ’n beroep gedoen op die land se regering om eerder te bedank en ’n verkiesing aan te kondig.

Hy sê die feit dat die onluste oor kiesers se ontevredenheid met die regering, het reeds die lewens van 110 mense geëis binne drie dae, wat genoegsame rede is om plek te maak vir ’n ander regering.

Die nasionale protes teen die regering se korrupsie het uiters gewelddadig geword, en demonstrasies van ontevredenheid oor die korrupsie het Baghdad tot chaos gelei met klipgooiery en brande wat oral die hoofweë versper het.

Moqtada al-Sadr, di populistiese politieke leier wat ’n groot aanhang het onder kiesers, het ’n dringende beroep gedoen op die regering om ’n verkiesing aan te kondig terwille van mense lewens wat gespaar kan word.