Inbraak terwille van liefde

’n Jong seun van 18 jaar het in Duitsland by ’n aanhouding sentrum ingebreek uit desperaatheid om sy voormalige vriendin te oorreed om tog nie die verhouding te verbreek nie.

Die Duitse brandweermanne moes ontplooi word om die jongman te verwyder uit die gebou in die noordwestelike dorp Vechta.

Die aanhouding sentrum is ’n soort tronk waar mense met minder ernstige oortredings aangehou word.

Die seun was erg ontsteld omdat die vriendin die verhouding telefonies beëindig het, en die polisie was verbaas oor hoe die jongman oor die vier meter hoë muur kon kom.

Om deur die lemmetjiesdraad versperring te kom, het hy feitlik al sy klere uitgetrek en oor die gevaarlike draadversperring gedrapeer.

Dit is nie duidelik of hy daarin kon slaag om sy geliefde se hart terug te wen nie, maar sal vir inbraak vervolg word.