Hongarye bly lid van EU

Die Eerste Minister van Hongarye, Viktor Orban, het in ’n TV onderhoud bevestig dat sy land lid van die Europese Unie (EU) sal bly.

Hy sê sy regering het geen plan om die EU te verlaat nie, en het enige bespiegelings oor die moontlikheid verwerp.

Premier Orban, wat reeds ’n dekade die regeerder van Hongarye is, bly gewild weens sy onversetlike standpunt oor onwettige immigrante wat hy nie in sy land toelaat nie.

Hy hou ook ’n streng beheer oor die media om te voorkom dat valse berigte die publiek bereik, en het reeds verskeie kere ernstig gebots met die EU leiers.

Na sy groot botsing met die EU oor Hongarye se aanstelling van regters, het bespiegelinge ontstaan dat hy Hongarye uit die EU sal lei sodra Brittanje uitgetree het.

Met die kruis van swaarde het Orban gesê Hongarye is ’n soewerein onafhanklike staat, en die EU het geen seggenskap oor sy binnelandse sake nie.