Hongaarse kiesers blameer premier

Premier Viktor Orban

Die nasionalistiese Eerste Minister van Hongarye, Viktor Orban, word nou deur sy eie ondersteuners geblameer vir die swak vertoning van sy party in die munisipale verkiesings.

Die Fidesz paarty van premier Orban het groot verliese gely in die hoofstad Boedapest en waarnemers reken dit is die eerste teken dat sy party besig is om te verkrummel.

Talle burgemeesters moes hulle kantore afstaan aan die opposisiepartye en word gesien as die eerste stap om die Orban regering in ’n volgende algemene verkiesing uit te knikker.

Die Eerste Minister Viktor Orban is bekend vir sy beslistheid en sterk teenkanting teen onwettige immigrante, en sommige waarnemers meen die premier sal steeds ’n volgend verkiesing wen.