Hong Kong toon negatiewe groei

Carrie Lam

Hong Kong’s se omstrede leier, Carrie Lam, het pas in ’n verklaring gesê sy verwag ’n negatiewe groei vir 2019 weens die verset optogte wat die stad ontwrig het.

Sy het die opmerking gemaak nadat die finansiële sekretaris, Paul Chan gesê het Hong Kong het in ’n resessie geval wat dit onwaarskynlik maak om enige groei te toon vir die huidige jaar.

Die protesterende pro-demokratiese inwoners van die Sjinees beheerd stad het vier maande gelede begin met verset nadat Carrie Lam probeer het om wetgewing deur te voer dat alle hofsake in Sjina se howe hanteer moet word.

Die verset optog waarin meer as twee miljoen inwoners deelgeneem het, was uiteindelik die suksesvolle aksie wat Lam verplig het om die beoogde wetgewing finaal van die tafel te vee.

Daarna is geëis dat ’n demokratiese bestel in Hong Kong herstel word en dat Carrie Lam moet bedank, maar die Sjinese in Beijing het haar ondersteun om nie te bedank nie, wat gelei het tot die verset wat nou reeds vier maande duur.