Hong Kong steeds in chaos

Die demokrate van Hong Kong is steeds in massa optogte, en nou weens die polisie se optrede gedurende die afgelope naweek se feesvieringe in die stad met die herdenking van die 70ste jaar van kommunistiese Volksrepubliek van Sjina.

Gedurende die feestyd het duisende aktiviste hulle eise herhaal dat Hong Kong sy demokratiese verkiesings moet hou, maar die polisie het met rubber koeëls, traangas en waterkanonne probeer om die skare te beheer.

In die proses is ’n 18-jarige skolier van Hong Kong met ’n rubberkoeël in die oog geskiet, en dit het die woede van aktiviste laat ontvlam.

Hernude optogte wat vanaf Woensdag gehou is, het weereens gewelddadig geword, en polisie is met petrolbomme gegooi terwyl die teenreaksie was om die skare met traangas en rubberkoeëls te stook.

Die polisie het die kommunistiese regering versoek om nuwe maatreëls in plek te sit wat die aktiviste se optrede aan bande kan le, maar waarnemers meen dit is uiters moeilik om so na massa van tienduisende mense te beheer.

Die onrus in Hong Kong het reeds getoon dat sowat $4 miljard verlore is vir die stad en in Singapoer spandeer is deur die toerismebedryf wat wegskram van die gewelddadigheid.