Hong Kong leier moet bedank

Mahathir Mohamad

Die Eerste Minister van Maleisië, Mahathir Mohamad, het die afgelope naweek gesê die leier van Hong Kong, Carrie Lam, moet bedank uit haar amp.

Hy sê die afgelope bykans vier maande van verset optogte deur inwoners van die stad het getoon dat sy moet plek maak vir iemand anders.

Die verset het hoofsaaklik begin nadat Carrie Lam probeer het om ’n omstrede wet op die wetboek wou kry wat alle hofsake in Beijing gehou moes word onder die Sjinese en kommunistiese gesag.

Groeiende opposisie teen haar en die Hong Kong regering het gelei tot die stad se ekonomiese agteruitgang wat ok ’n afgradering deur ’n bekende graderings agentskap gedoen is.

Carrie het egter uit die staanspoor geweier om te bedank en het gesê sy sal haar termyn klaarmaak en nie voor die tyd bedank nie.