Hong Kong in rep en roer vir fees

Die pro-demokratiese beweging se duisende protesteerder in Hong Kong maak ook gered van die 70 jarige herdenking van die stigting van die  kommunistiese Volksparty van Sjina.

Die aktiviste se voorbereiding verskil egter van dit wat die Sjinese beplan vir die fees van 1 Oktober, en is reeds besig om hulle skedule gereed te kry om massa optogte te hou teen die kommunistiese regering se heerskappy in Hong Kong.

Onder die vaandel van die herdenking van die tot stand kom van die bekende “Sambreel” straat beweging wat die stad nou reeds vir weke ontwrig.

Vrydag het duisende aktiviste by die hawe saamgekom en met slagspreuke, plakkate en baniere hul anti-Sjinese optog gehou.

Die weke van massa optogte het nie net die Sjinese regering gedwing om die beoogde wetgewing finaal te skrap wat sou meebring dat alle hofsake in Sjinese howe plaasvind nie, maar het die land ook in ernstige internasionale verleentheid gebring.

Die reeks optogte is die ergste verset wat Hong Kong nog beleef het, en benewens die talle sakeondernemings wat hulle deure moes sluit, is die stad ook deur agentskappe afgradeer, wat ’n eerste geval is in die bestaan van die stad.