Honduras president onder druk

Juan Orlando Hernandez

President Juan Orlando Hernandez van Honduras ontken dat die Sentraal Amerikaanse nasie beskermend is teenoor die dwelmbedryf se roetes.

Die ontkenning volg nadat beskuldigings in die VSA se verhoor teen sy broer gemaak is dat die twee mans omgekoop word deur kokaïen smokkelaars.

Die president het die ontkenning gedoen kort nadat die jurie moes beslis na die finale argumente in die hof gehoor is van die Amerikaanse vervolgers.

Juan Antonio “Tony” Hernandez, die broer van Honduras se president, staar ernstige vervolging in die gesig wat verband hou met die invoer van kokaïen na die verenigde State.

Tony Hernandez, ’n voormalige parlementslid, het onskuldig gepleit teen die beskuldigings, maar ingeligte bronne sê die man gis intussen skuldig bevind en sal sekerlik tronkstraf opgele word.