Hofsaak teen Ramaphosa kom

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, is betrek in ’n hofsaak wat deur een van die ANC lede in die Wes-Kaap begin is wat die CR17 donasies raak.

Koerant berigte dui daarop dat soveel as R1 miljard in donasies vir die verkiesing betrokke is, wat daarop dui dat die pot aan die oorkook is by die ANC as politieke party.

Die hofsaak hou glo verband met die Desember 2017 konferensie van die ANC, en die “Sunday World” berig dat die partylid in die Wes-Kaap die president hof toe neem oor die CR17 donasies.

Lubabalo Sanqela van Gugulethu sê in hofdokumente dat Ramaphosa se span in die verkiesingsveldtog na bewering die ANC se konstitusie oortree het deur R1 miljard te kollekteer. Die geld is gekollekteer van donateurs en is gebruik om immoreel invloed te gebruik om die uitkoms van die konferensie. Volgens die dokumente wat geliasseer is, sluit dit ook in dat Ramaphosa gekies moes word instede van Nkosazana Dlamini-Zuma as president.

Ramaphosa se regsverteenwoordigers en sy ondersteuners betwyfel die beweerde bedrag wat op R1 miljard gestel is.