Hof beslis oor Kataloniese leiers

Die Hooggeregshof in die Spaanse hoofstad Madrid het  uitspraak gelewer oor die posisie van die separatiste leiers van die deelstaat Katalonië wat meegedoen het aan die onafhanklikheid poging in die streek.

Twaalf leiers is gestraf met tussen 5 en 13 jaar agter tralies, maar die destydse president minister van die deelstaat, Carles Puigdemont, het uitgewyk na Vlaandere waar hy goed ontvang is en versorg word.

Die separatiste leiers, wat deel was van die Kataloniese parlement se poging om die deelstaat na onafhanklikheid te lei na ’n meerderheidsbesluit in ’n referendum.

Die twaalf separatiste leiers is deur die Spaanse polisie in hegtenis geneem en na ’n verhoor, tronkstraf opgelê.

Die hof se beslissing om die leiers tronkstraf op te lê, het groot spanning teweeggebring tussen Kataloniërs en die Spaanse regering.

Kataloniërs het daarna met massa optogte begin in Barcelona om die vrylating van hulle leiers te eis.