Hof beslis dalk teen Brasilië se president

Die Hooggeregshof van Brasilië het ’’n debat geopen of skuldig bevinde mense dadelik agter tralies moet kom afgesien daarvan dat hulle moontlik geregtig kan wees op ’n appèlhof uitspraak.

Die beslissing kan bydrae tot die sukses van Brasilië se grootste korrupsie ondersoek, die sogenaamde Motor Was Operasie wat dosyne hoëlui en politici in die tronke laat kom het oor omkopery en korrupsie, en wat ook ’n voormalige president insluit.

Die voormalige resident,  Luiz Inacio Lula da Silva, is vir jare lank tronkstraf opgelê oor sy bydraes in die skandaal, maar duisend kiesers is steeds sy ondersteuners is glo hy is onskuldig.

Die moontlikheid bestaan noudat die Appèlhof ’n ander uitspraak kan lewer wat die voormalige president en sy talle meelopers bevoordeel en hulle vrylating kan verseker.

 ’n Regterlike stemming oor die saak word op 24 Oktober gehou om finaliteit te kry oor die omstrede saak wat reeds vir etlike jare broei in die politieke arena van die land.

Die land se president, Jair Bolsonaro, is sterk gekant teen die moontlike vrylating van die voormalige en korrupte president.  Hy het sedert sy verkiesingsveldtog onderneem om teen die korrupsie op te tree, maar die invloed van dwelmbase en korrupte politici bemoeilik se taak.