Herstel ekonomie deur Eskom

Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan weer herstel, maar dan moet die regime erken hy beskik nie oor die vermoë om dit te doen nie.

Dit is die mening van ’n ekonomiese adviseur wat sê die een groot rede waarom die land ekonomies struikel, is omdat die ganse wêreld sien hoe verkeerd die Ramaphosa regime optree in tyd van ernstige ekonomiese agteruitgang in die land.

Die uiters swak bestuur wat toegepas word by Eskom, is een van die hoof oorsake dat miljarde Rand in ’n bodemlose put beland, word gesê.

Selfs Dawie Roodt bevestig dat die swak bestuur van Eskom kan verander word om die kragvoorsiener weer effektief te maak.

Die belangrikste fout wat die regime tot hede geweier het om reg te stel, is om Eskom te privatiseer sodat die land ’n doeltreffende kragvoorsiening netwerk kan behou wat ook sal lei tot internasionale beleggers se belangstelling om weer na SA te kom.