Gordhan se Eskom spook

Die ANC se minister Pravin Gordhan het nie net Suid-Afrika nie, maar ook die krediet graderingsagentskappe teleurgestel met sy “plan” om die kragvoorsiener van ondergang te red.

Politici, sowel as politieke ontleders en finansiële deskundiges is teleurgestel in die plan waarvan die inhoud vaag en waarskynlik swak toegepas kan word wat deur die minister bekendgemaak is.

Die “plan” is veronderstel om nuwe hoop te vestig oor hoe die bankrot Eskom se krisis opgelos gaan word, maar daar bestaan ’n eenstemmigheid onder kritici dat Gordhan se flou plan beslis nie tot redding van Eskom sal lei nie.

Gordhan het ondermeer aanbeveel dat die verskillende kragsentrales in groepe opgedeel word en met mekaar moet meeding oor wie die goedkoopste krag kan opwek, maar kenners sê dit sal geen duit aan die entiteit se finansiële stand bring nie.

Deskundiges wys daarop dat die ANC nie Eskom sal privatiseer nie, want dit is dan uit hulle hande, en die vrees bestaan dat honderde ANC lede afgedank sal word omdat dit ’n algehele oorbevolkte werkerskorps is.