Gorbachev waarsku VSA en Rusland

Mikhail Gorbachev

Die 88-jarige voormalige president van Rusland, Mikhail Gorbachev, het vir die eerste keer in baie jare, ’n openbare mening gegee oor internasionale politieke aangeleenthede.

Gorbachev wat die laaste leier van die destydse Soviet Rusland was, het die afgelope naweek ’n ernstige waarskuwing gerig dat die wêreld in ’n baie gevaarlike rigting beweeg na ’n era van militêre politiek.

Hy sê dit is dringend noodsaaklik dat Rusland en Amerika saam sit en ’n sterk ooreenkoms bereik oor die toekomstige hantering van kernwapens.

Mikhail Gorbachev was een van die Russiese leiers wat onthou sal word as die man wat Rusland uit die Soviet gelei het en die juk van Russiese kommunisme afgeskud het om die land op ’n demokratiese bestel te bring, alhoewel dit nog nie volledig gerealiseer het onder die Poetin bewind nie.