Geteisterdes herstel na kuber aanval

Voortgesette dienslewering sal glo geleidelik ingebring kan word by die Johannesburgse munisipaliteit nadat kuberkrakers die rekenaar stelsel aangeval het die afgelope week.

Die verwagting is dat alles weer op dreef sal kom teen Maandag wanneer die kantore weer oop is vir die publiek en werksaamhede hervat sal word.

Die krakers het ’n eis van 4 Bitcoin ingestel teen die munisipaliteit, wat nagenoeg R500,000 kan beteken, maar daaraan is nie gehoor gegee nie.

Die skurke wat onder die naam as Shadow Kill Hackers hulle eis ingestel het, kon glo nie die persoonlike besonderhede van die inwoners bekom nie.

Later is besig dat van die grootste bankinstellings ook deur die kuberkrakers aangeval is, sonder enige sukses.