Gerugte ruk ANC oor Mantashe

Die berigte swerf nie net in die ANC se parlementêre geledere rond nie, maar selfs die media en die sosiale netwerk gons oor die beweerde omkopery waaraan minister Mantashe glo skuldig is.

Gerugte en berigte lui dat die ANC se Minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwende Mantashe verslaggewers betaal het om t swyg oor sy seksuele lewe.

Die minister sal glo skriftelik versoek word om die name van die joernaliste wat by die skandaal betrokke is, bekend te maak.

’n Woordvoerder van die SA National Editors’ Forum het die nuus en bewerings as “skokkend’ beskryf, maar politieke ontleders reken dit kan die einde van die minister se politieke loopbaan beteken.

Bewerings word gemaak dat die minister twee “onbekende” joernaliste R70,000 betaal het om sy “seks storie te laat verdwyn”.