Geen Aarto vir Kaapstad

’n Woordvoerder van die burgemeesters komitee wat ook handel met veiligheid en sekuriteit in Kaapstad sê die munisipaliteit oorweeg dit nie om Aarto in te stel nie.

Hy sê daar is geen oorweging om die stelsel te implementeer nie, en dit sluit ook in die lisensie punte stelsel wat tans in die noordelike deel van die land ingestel gaan word.

Gesprek gaan glo met die plaaslike owerheid gevoer word oor die toepassing van die omstrede Aarto wet, wat volgens kenners nie toegepas kan word sonder ’n enorme administratiewe personeelkorps wat hoogs opgelei is nie.

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het gevra dat die publiek die vergaderings moet bywoon en insette moet lewer om moontlike wysigings aan te bring, maar tot hede het mense min belangstelling getoon om aan die minister se versoek te voldoen.

Die stelsel kan meebring dat dit van meet af in dui stort vanweë die land se swak ekonomiese stand en die hoë koste wat Aarto sal meebring.