Gauteng personeel in privaat besighede

Dit het aan die lig gekom dat sowat 184 personeellede van die Gauteng Gesondheiddienste privaat besigheid besit wat met staats departemente insluitend die Gesondheid Departement sake don. 

Hierdie dienste wat gelewer word sluit in mediese voorraad, voedsel, publikasies, begrafnisse en selfs nooddienste.

Onbevestigde berigte lui dat die personeel soms in die “goeie posisie” verkeer om self te besluit dat die Gesondheidsdiens van hulle dienste sal gebruikmaak.

Die astronomiese bedrae wat ter sprake is, verklaar glo waarom die Departement finansieel in die rooi bly, terwyl die personeel nie net salaris ontvang nie, maar ook astronomiese winste realiseer met die lewering van goedere en dienste wat deur die Gesondheidsdienste direk aangekoop kon word van die werklike verskaffers.