Gapings in ANC se krag-plan

Die ANC-SAKP regering se langtermyn plan met die ekonomie hang ten nouste saam met die verskaffing van elektrisiteit.

Die regering het sy “plan” reeds gepubliseer, en daarin word gewaarsku teen ’n sogenaamde “onmiddellike risiko” van groot elektrisiteit tekorte wat gaan ontstaan.

Om dit te vererger, word dit gestel dat die groot tekorte aan krag vir vier jaar kan duur vanweë Eskom se onvermoë om te produseer.

Die ANC se plan is dus ’n nuwe mislukking wat op Suid-Afrika wag, want planne word gemaak maar die oorsaak van die finansiële siektes word duidelik nie aangespreek nie, se ekonomiese deskundiges.

Met Eskom se uitermatige swak beplanning het beurtkrag weer op die land neergedaal, en met die ANC se “ekonomiese plan” wat uit die staanspoor voorspel dat groot krag tekorte gaan ontstaan, maar net bewys dat nog die ANC regime, nog Eskom, geen benul het van deeglike beplanning en die uitvoering daarvan nie, het ontleders gesê.