G7 ontmoet nie op Trump gholfklub

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sal die afvaardiging van die G7 lande ontvang in sy privaat gholfklub en vakansieoord in Florida.

Politici van die Demokratiese Party in die VSA sê die president maak misbruik van ’n internasionale geleentheid om sy eie belange te bevoordeel.

 Mick Mulvaney, hoof van Wit Huis beamptes, het aan die media gesê die byeenkoms met die G7 lande sal eers op 10 Junie 2020 in aanvang neem en is die president se oord gekies uit ’n dosyn ader moontlikhede waar dit gehou kon word.

Benewens die kritiek wat Trump oor sy keuse vir die G7 beraad, ervaar hy ook hewige kritiek oor sy persoonlike finansies wat tans ondersoek word, asook sy konflik met Republikeinse politici.

Maandag het Trump aangekondig dat die Demokrate te veel gekla het oor die reëling wat hom laat besluit het om eerder ’n ander terrein te kies, waarvan Camp David ’n moontlikheid is.