Franse nasionalis nie beskikbaar as president

Die niggie van die nasionalistiese Marine Le Pen, het aan die Franse media gesê sy is nie beskikbaar om in die komende presidentsverkiesing te staan as kandidaat nie.

Marion Marechal, wat bekendheid verwerf het as ’n dinamiese nasionalis wat saam met Marine Le Pen stry vir die Franse se bevryding van sosialisme, het egter ’n program wat die Franse kiesers beïndruk.

Marechal het gesê sy sal deelneem aan die politiek tydens die komende presidentsverkiesing van 2022, maar sy is nie beskikbaar as kandidaat in die verkiesing nie.

Sy het vroeër gesê sy het ’n program van regeer ontwikkel wat gekoppel is aan ’n nasionalistiese beleid wat haar later sal lei tot president van Frankryk.

Die media in Frankryk het bespiegel dat sy van haar tannie, Marine Le Pen, sou wegbreek en ’n nuwe party stig, maar daarvan het niks waar geword nie.