Frankryk eis VSA-Iran onderhandelings

Iran en die Verenigde State van Amerika word een maand gegus dur die Franse president, Emmanuel Macron, om met onderhandelings te begin vir die daarstel van ’n nuwe kernwapen verdrag.

Die Franse Minister van Buitelandse Sake sê die noodsaaklikheid vir dialoog tussen die twee lande word nog meer dringend as gelet word op die feit dat Iran in November sy kernkrag aktiwiteite gaan verhoog.

Die Franse president het tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gepoog om die twee leiers van Amerika en Iran bymekaar te bring, maar kon nie daarin slaag nie.

President Donald Trump en Iran se President Hassan Rouhani was glo albei onwillig om onvoorwaardelik met mekaar in gesprek te tree.

Die Franse Minister van Buitelandse Sake, Jean-Yves Le Drian, het bygevoeg dat die poging in New York wel misluk het om die twee leiers bymekaar te bring, maar die tyd loop uit en dar is nog minder as ’n maand oor om die gesprek te laat begin, het hy gesê.