EU sosialiste eis hernude verandering

Ursula von der Leyen

Sosialiste en liberale parlementslede van die Europese Parlement het versoek dat die Europese Kommissie se visepresident ’n ander benaming moet kry.

Die linkse parlementariërs sê die leuse “Beskerm ons Europese leefstyl” moet ook verander of minstens geskrap word omdat dit “toksies en vêr-regse” konnotasies het.

Ursula von der Leyen, die nuut verkose president van die Europese Kommissie, wat binnekort haar intrek neem in die nuwe amp, het ook sterk kritiek ontvang van ander parlementariërs vir haar poging om die Griekse kandidaat,  Margaritis Schinas, as visepresident voor te stel.

Ingeligte bronne sê daar is egter ’n ontevredenheid onder senior parlementariërs omdat die Europese Parlement hom met sulke beuselagtighede besig hou terwyl belangrike sake van internasionale aard wag om bespreek te word.