EU skuldig aan finansiële wanbestuur

Die Europese Unie het hom skuldig gemaak aan wanbestuur deur meer as $4,3 miljard onregmatig te spandeer gedurende die vorige boekjaar.

Die opspraakwekkende bevinding is gemaak deur die EU se ouditeure wat ’n verslag vrygestel het waarin uitgelig is dat fondse wanaangewend is.

’n Deeglike ondersoek word glo beoog om die uitgawes van die afgelope sewe jaar na te gaan in die lig van die feit dat Duitsland die grootste bydraer is tot die EU se fondse, en nou eis dat deeglike ondersoek gedoen word oor die aanwending van lidland se bydraes.

Die Europese Raad van Ouditeure wat verantwoordelik is vir die jaarlikse oudit van meer as 155 miljard euro, beraam dat ’n gemiddelde van 2,6% van verlede jaar se uitgawes, onregmatig aangewend is.