EU kap Johnson en waarsku

Die Europese Unie het skerp gereageer op die Britse Eerste Minister se optrede deur te dreig dat Brittanje “aaklig” gaan wees as die EU nie sy voorstelle aanvaar nie.

Kanselier Angela Merkel van Duitsland het in duidelike terme aan Johnson gesê hy moet stop om grootmeneer te speel en beskuldigings te maak.

Sy sê die voorstelle wat ingedien is, is hoegenaamd nie aanvaarbaar nie en hy moet sy “dom speletjie van blaam” laat vaar.

Kenners en politieke ontleders sê die skerp reaksie van Merkel is ’n duidelike aanwysing van die EU se onwilligheid om toe te gee aan Johnson se onrealistiese voorstelle.

’n Woordvoerder van Brittanje het later gesê die Duitse kanselier het onaanvaarbare eise gestel, wat nou allerweë gesien word as dat Johnson op 31 Oktober sonder ’n ooreenkoms uit die EU wil tree met die Verenigde Koninkryk.

Dit is egter nie ’n uitgemaakte saak dat die Britse parlement die uittrede sonder ’n ooreenkoms gaan aanvaar nie, wat ook kan beteken dat Johnson se belofte van uittrede op 31 Oktober, nie werklikheid gaan word nie.