EU bied hulp teen terrorisme

Di Europese Unie het gesê hy sal vir ’n verdere vier jaar tydperk fondse voorsien ter ondersteuning en implementering van Columbië se vorige ooreenkoms met die rebelle in die land.

Columbië voer reeds meer as 50 jaar ’n stryd teen die rebellemag, en alhoewel ’n ooreenkoms etlike jare gelede bereik is, het ’n splintergroep weer met hernuwe gevegte begin teen die regeringsmagte.

Die Revolutionary Armed Forces of Colombia (FARC) se rebellie knel die land se ekonomiese vooruitgang, en die EU se bystand van sowat 34 miljoen euro sal beskikbaar gstel word om die onderhandelings met die nuwe leiers van die rebelle te hervat, en maatreëls in te stel om ’n herhaling van rebellies te voorkom.

Die EU het sedert 2016 sowat 128 miljoen euro gegee waarmee ’n groot aantal rebelle finansieel ondersteun is op voorwaarde dat hulle die ooreenkoms in stand hou.

In die meer as 50 jaar van rebellie, het Columbië sowat 26,000 mense aan die dood afgestaan, en die regering doen alles moontlik om die stryd te beëindig, maar tot hede kon hulle nie die algehele beeïndiging bewerkstellig nie.