Eskom vernietig SA

Ramaphosa kan maar vergeet om met suksesvolle resultate te gaan geld en beleggings bedel terwyl Eskom al weer met beurtkrag begin het, sê ’n bekende ekonoom van Pretoria.

Eskom se beurtkrag wat sonder enige aankondiging in werking gestel is, kos Suid-Afrika miljoene rand per dag, en is die entiteit op twee maniere besig om die land ekonomies te vernietig.

Aan die een kant word nywerhede, sakelui, skole en staatsdepartement almal benadeel deur die beurtkrag, en dit terwyl Suid-Afrikaners deur hulle nek moet betaal vir krag.

Tweedens word die staatskas leeg getap om die onbevoegde kragvoorsiener staande te hou, en word die aandrang al groter dat die ANC en die Eskom hoofde almal hulle ampte moet bedank want hulle ruïneer die ekonomie, het hy gesê.

Kenners wys daarop dat dit nou soveel as R1,8 triljoen gaan kos om die bankrot Eskom weer op gesonde basis te kry, en niemand sal die Ramaphosa regime met so ’n bedrag vertrou nie, het Bart Griffiths gesê.