Eskom sleep Nersa hof toe

Die gulsige Eskom, watt nie daarin slaag om self winsgewend te word nie, en gedurige bakhand staan by die ANC regering, het nou sy arrogansie ’n stap verder geneem, se finansiële deskundiges.

Die bankrot kragvoorsiener het reeds stappe gedoen om die Hooggeregshof te nader in ’n saak teen Nersa se beslissing om ’n laer tarief toe te staan as wat gevra is.

Die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) en Eskom is glo in ’n konflik met mekaar en Eskom beweer dat die vermindering in tarief verhogings beteken dat hy ’n verdere tekort van R102 miljard sal toon.

Nersa het vir die volgende drie jaar onderskeidelik 9,41%, en 6,1% en 5,22% verhogings in tariewe toegestaan, maar die onproduktiewe Eskom is baie ontevrede en het nou die hof genader.

Kenners wys weereens daarop dat Eskom met die hef in die hand staan nadat die ANC regering herhaaldelik gesê het die lewering van krag is ’n prioriteit. Eskom het dit gesien as ’n hefboom om voort te gaan met sy swak bestuursvermoë, oorbevolkte en onproduktiewe personeel, en twyfelagtige wyse van steenkool kontrak ooreenkomste.