Eskom se gemors vergroot

Eskom se onvermoë om doeltreffend te funksioneer het weer na vore gekom met die jongste finansiële inligting wat bekend gemaak is.

Munisipaliteite skuld Eskom reeds R23,5 miljard volgens die verslag wat Minister Pravin Gordhan vrygestel het.

Die bekendmaking toon dat die skuld wat aan Eskom betaal moet word, steeds styg, en is ’n vingerwysing dat die entiteit nie bereid is om voet neer te sit en munisipaliteite se kragtoevoer af te sny as hulle nie klokslag hulle rekenings vereffen nie.

In Maart vanjaar het Gordhan berig dat munisipaliteite se skuld aan die kragvoorsiener op R20 miljard staan, maar slegs 5 maande later gestyg het tot R23,5 miljard.

Dit is ’n klinkklare bewys dat Eskom bestuur en direksie nie oor die vaardigheid beskik om die entiteit te bestuur nie, het ingeligte bronne gesê.