Eskom moet geprivatiseer word

Die sukkelende staats entiteit  wat oor dekades uitstekende diens gelewer het voordat werkreservering ten gunste van swartmense ingestel is, het die afgelope twee dekades verval tot ’n derderangse entiteit.

In ’n meningspeiling wat gehou is, het 80% van die deelnemers gesê Eskom moet geprivatiseer word sodat dit uit die hande van die ANC regering kan kom om weer ’n doelgerigte bedryf te word wat betroubare, en bekostigbare diens sal lewer.

Die privatisering is egter nie ’n eenvoudige aangeleentheid nie, veral omdat Eskom met ’n skuldlas van R430 miljard sit wat hom tegnies bankrot maak.

Volgens deskundiges is dit onwaarskynlik dat die regime Eskom sal privatiseer, bloot omdat honderde oorbodige werkers ontslaan sal word om die bedryf weer doeltreffend te laat funksioneer.