Eskom kry weerstand oor skuldvordering

Eskom se onaangename taak is nou om die jarelange niks doen met skuld invordering by die horings te pak, en die eerste klanke van weerstand by munisipaliteite is glo hoorbaar.

Eskom staar algehele bankrotskap in die gesig as hy nie nou doelgerigte stappe doen om die jare se uitstaande skulde in te vorder nie.

Eskom word kunsmatig aan die lewe gehou deur die ANC rgime, en het tot hede nie ’n vinger verroer om die munisipaliteite op te skroef vir wanbetaling van kragrekenings nie.

Die entiteit se verlies vir die 2018-2019 finansiële jaar beloop glo ’n massiewe R21 miljard, en ingrype van die staat met geld van die belastingbetalers is toegepas om die kragvoorsiener staande te hou.

Beramings is gemaak dat Eskom se uitstaande skulde sowat R30 miljard is, en dit kon met goeie bestuur, Eskom baie gou uit die verknorsing geneem het as die geld maandeliks ingevorder is soos wat goeie handelspraktyke dit vereis.

Eskom maak gebruik van ’n sogenaamde selektiewe krag onderbrekings stelsel om munisipaliteite te dwing om hulle verpligtinge na te kom.