Ekonomiese Adviesraad saamgestel

Die President

Die ANC se Presidensiële Ekonomiese Adviesraad is saamgestel en begin glo vandag met sy werksaamhede.

Die Raad is egter nie ’n statutêre struktuur nie, en is glo onafhanklik, maar sal Cyril Ramaphosa as voorsitter hou met die oogmerk om ondermeer prominenter ekonomiese sakelui en tegniese deskundiges saam te trek om die land van finansiële ondergang te red.

Akademici, lede uit die privaat sektor, arbeid en ook lede van die gemeenskap is in die Adviesraad saamgevoeg.

Die lede sal glo ’n drie jaar termyn diens lewer, en sal vrywillig in die struktuur insette lewer, maar ingeligte bronne vind dit vreemd dat slegs drie blankes opgeneem is uit die lang naamlys van sowat 18 lede.