EFF ook in chaos?

Die ontevredenheid onder sekere leiersfigure in die Rooi brigade oor ander leiers wat sommer self besluite neem voor die konferensie, het nou tot spanning gelei.

Daar is nou elemente wat reken ’n nuwe leierskap met Malema en Shivanbu in hulle plekke sal die EFF red van uitmekaar spat, maar die ander leiers moet vervang word, is gesê.

Volgens die nuwe wending sal minstens ses leiers uit die bus val, en sal ander lede gekies moet word, maar ontleders reken dit gaan die spanning nog verder verhoog in die party.

Daar is led van die party wat sê die komende konferensie is die waterskeiding geleentheid, en sal dit net ’n formaliteit wees om die ses nuwe leiers in hulle posisies te kry.