EFF en Gordhan veg in hof

Die ANC se minister, Pravin Gordhan, is uitgeskel as ’n “hond van die wit monopolie” en nou is die twee EFF lede, Malema en Shivambu in ’n hofgeding wat deur die minister begin is.

Die twee parlementslede van die EFF moet hulle verdedig in die Gelykheidshof waar hulle te staan kom teen die aanslae van Gordhan se regsverteenwoordigers.

Die stryd tussen Gordhan en die EFF leiers het gevolg nadat Malema die minister ondersteun het in die tyd toe die ongewilde Jacob Zuma nog op die toneel was, en die EFF se slagspreuk “Zuma must fall” in die parlement gehoor is.

Met Ramaphosa wat Gordhan weer in die kabinet opgeneem het, is die EFF leiers s ontevredenheid weer vertoon toe die minister as hond van die wit monopolie” bestempel is, maar wat nou gelei het tot ’n bitter stryd in die hof.