E-tol bly, buig of bars

Die mense van Sentraal Transvaal sal maar verlief moet neem met die feit dat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, nie bereid is om die e-tol stelsel af te gooi nie.

Die ANC se beleid van die gebruiker moet betaal geld klaarblyklik net in geval van e-tol wat op sekere paaie aangebring word.

Die uitstaande rekenings sal dus nie afgeskryf word nie, maar verbruikers het vinnig gereageer en gesê “hulle kan maar die rekenings stuur, ons gaan nie betaal nie”.

Mboweni het herhaal dat die e-tol stelsel gekom het om te bly, en ontleders vra of dit ’n verstandige koers kan wees as die e-tol elke jaar sy verlies al groter laat word.

Hy sê die feit dat rekeninge nie betaal word nie, het reeds getoon dat paaie se gehalte aan die afneem is, maar hieroor gons dit in die sosiale netwerk van motoriste wat sê die ANC het in die afgelope 25 jaar toegelaat dat al die paaie in ’n haglike toestand is.

Die minister het ’n beroep gedoen op mense om ’n kultuur van bereidheid om te betaal te ontwikkel maar blankes sê die ANC onder Mandela het vir baie jare hulle mense geleer om nie te betaal nie – nou pluk hulle die wrang vrugte daarvan.