Dwelmbaas se seun word bevry

Na die arrestasie van die seun van die gevreesde dwelmbaas, Joaquin ‘El Chapo’ Guzman, het hewige gevegte losgebars onder leiding van sy kartel leiers, en die polisie was onder soveel druk dat hulle verplig was om die seun vry te laat.

Die Minister van Veiligheid in Meksiko, Alfonso Durazo, se die polisie is deur ’n groot aantal gewapende mans van die kartel bestorm wat by die huis besig was om die seun te arresteer.

Die polisie het vier mans in die huis aangetref, waarvan een Ovidio Guzman is wat die seun van die dwelmbaas is.

Die geveg was so hewig dat voertuie ook aan die brand gesteek is om die polisie se aandag te verdeel, maar uiteindelik is die polisie verplig om die seun vry te laat.