Durban burgemeester se logika

Mike Schüssler

Die Durbanse burgemeester het die naweek aangekondig dat die Durbanse hawe gesluit moet word om te verhoed dat minerale die land kan verlaat. 

Dit moet glo gedoen word om onafhanklik te raak van westerse imperialisme.  Geen woord is gerep van Sjina en die Brick lande wat minerale uitvoer nie. 

Mike Schüssler bevraagteken die logika aangesien mynhuise sonder uitvoere nie werkers sou kan betaal en werkers nie geld huis toe kan neem nie.

Sonder uitvoere van minerale sou die ekonomie in sy geheel ander gaan en sou die bestaande swak ekonomie lankal ’n depressie gewees het.