Dunoon deur weermag beskerm

Die SA Weermag is ontplooi in die Dunoon omgewing nadat die gebied vir dae onbegaanbaar was weens protes optredes.  Die owerhede ontken egter dat dit weens die protes optredes is en meld dat die weermag getaak is om dwelms en vuurwapens op te spoor. Vyftien gepantserde voertuie is ontplooi in die gebied om waarskynlik die dwelms op te spoor, maar skole kon nog nie heropen weens die geweld in die gebied nie.

Die weermag is intussen nog teenwoordig in ander Wes-Kaapse gebiede, en alhoewel die regering beweer dat die misdaad afgeneem het, se inwoners daar is geen teken van n afname nie.