Duitsland se oudste burger oorlede

Gustav Gerneth

Duitsland se oudste burger, Gustav Gerneth, is in die gevorderde ouderdom van 114 jaar oorlede, en is gebore in 1905 gedurende die bewind van Keiser Wilhelm 11.

Die bejaarde heer van Duitsland het stil heengegaan gedurende die nag in Havelberg, slegs ’n week na sy 114 de herdenking van sy geboortedag.

Slegs ’n klein groepie mense, wat die burgemeester, Bernd Poloski, insluit het die verjaarsdag viering bygewoon.

Gustav Gerner is in die Pruisiese beheerde Poolse stad Szczecin gebore, en het in sy lang lewe twee wêreldoorloë beleef en oorleef, en het ook oorleef as ’n krygsgevangene van Rusland.

Die oudste vrou is die 116 jarige dame van Japan.