Duitsers en Franse kry wapen ooreenkoms

Na weke van onderhandeling tussen Frankryk en Duitsland, het die twee moondhede uiteindelik tot ’n vergelyk gekom en ’n wapen ooreenkoms bereik.

Die ooreenkoms het ’n bindende bepaling vir die ontwikkeling en uitvoer van Frans-Duitse wapen stelsels en het die weg gebaan vir die ontwikkeling van nuwe, moderne tenks, vegvliegtuie en hommeltuie.

Die Franse president, Emmanuel Macron, en die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het saam gewerk om die wettige ooreenkoms te bereik tydens ’n ontmoeting in die Franse stad Toulouse.

Die ooreenkoms bepaal egter dat Duitsland slegs ’n sê het in wapentuig se uitvoere waar hy betrokke was in die ontwikkeling en vervaardiging van die spesifieke wapens.

Ingeligte bronne meen dit is ’n merkwaardige ooreenkoms wat kan lei tot die ontwikkeling van uiters gesofistikeerde toerusting wat in tye van oorlog gebruik word.