Duisende sterf weens nalatigheid

Meer as 3,800 pasiënte het in Gauteng alleen weens nalatigheid gesterf in staatshospitale gedurende die afgelope jaar.

Mediese nalatigheid het van staatshospitale ’n plek geword waar mense die maklikste hulle lewe verloor, het ’n waarnemer aan Die Vryburger gesê.

Die 3,830 sterftes word glo in verskeie staatshospitale veroorsaak, waarvan hospitale soos in Mamelodi kommerwekkend is.

Die feit dat sowat 188 werkers in die Gauteng Departement van Gesondheid sake doen met die owerheid, het gelei tot 158 gevalle van dissiplinêre verhore.

Inligting wat aan Die Vryburger verstrek is, dui daarop dat een van die hoof redes is dat onopgeleide, onbevoegde personeel dikwels die oorsaak is dat pasiënte verkeerde behandeling ontvang.

Een voorbeeld wat genoem is, was van ’n vrou wat medikasie moes ontvang, en sy is van ’n sterk, onverdunde, toilet reinigingsmiddel voorsien om mondelings in te neem.